Selfs al gaan ek deur donker dieptes, ek sal nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig.

Lees gerus weer Psalm 23.

In my vorige nuusbriewe het ek julle reeds vertel hoe geseënd hierdie April vakansie vir my en my gesin was. Wel, glo dit of nie, dit was nie die einde van die wonderwerke nie.

Ons was al reeds by die see en my ouers het so dag na ons vertrek. Hulle het met hulle karavaan gery en het besluit om halfpad oor te slaap. Die pad op pad na hulle halfpad bestemming was verskriklik sleg en hulle moes baie stadig ry. Hulle het gelukkig veilig by hulle bestemming aangekom. Die volgende oggend het hulle vertrek om by ons aan te sluit. Terwyl ons lekker rustig op die strand gesit het, het ek `n oproep van my ma ontvang. Ek het gedink dis om te sê dat hulle veilig by hulle bestemming is. Dit was nie goeie nuus nie. Read more »

Spesiale geskenk vir ma.

Maak vir haar `n gebedsboekie waarin sy al haar gebede kan skryf en so kan sien hoe en wanneer God hulle beantwoord. Koop eenvoudig`n swart hardeband boekie. Trek dit oor met mooi papier of materiaal. Versier dit net soos jy wil. Tik of skryf die woorde – gebedsboek en plak dit voor op. Skryf `n mooi briefie binne in. En siedaar, `n mooi en waardevolle geskenk.

Karamel Poeding vir Moedersdag

2 eetl botter
2 eetl suiker
2 eetl stroop
2 eiers
2 eetl koekmeel
knippie sout
1 t koeksoda
bietjie lou melk
1 l dun vla

Maak die karamel met die botter, suiker en stroop. Kook alles saam, hou eenkant en laat afkoel (nie te koud nie). Klits die eiers goed. Roer die koekmeel in asook die sout. Meng die koeksoda met `n bietjie lou melk en voeg by die eier mengsel. Meng die karamel met die meel mengsel. Bak in `n vierkantige bak.

Maak die dun vla. Sit in `n diep oondbak. Sny die poeding in klein vierkantjies en sit dit in die vla. Bak verder vir ongeveer 5 minute en sit voor met ekstra vla.

Waarom laat God pyn en ellende toe?

Hierdie is een van die beste verduidelikings wat ek tot dusver ontvang het, van waarom God pyn en ellende toelaat …

’n Man het na die haarkapper gegaan om sy hare en sy baard te sny en te knip. Soos wat die barbier knip-sny, het `n aangename gesprek gevolg.
Hulle het oor baie dinge en verskeie onderwerpe gesels. Toe hulle uiteindelik die onderwerp Hemelse Vader aanraak, sê die barbier: “Ek glo nie God bestaan nie!” Read more »

Moedersdag Resepteboek

God doen soms goed wat vir ons ongewoon of onmoontlik lyk.

Die verkenners het toe by Moses en Aäron en die hele vergadering van die Israeliete by Kades in die Paranwoestyn aangekom. Daar het hulle aan Moses-hulle en aan die hele vergadering verslag gedoen en vir hulle die vrugte van die land gewys. Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte. Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot. Ons het ook die nasate van Enak daar gesien. Die Amalekiete woon in die Suidland, die Hetiete, Jebusiete en Amoriete in die Bergwêreld, en die Kanaäniete by die see en langs die Jordaan.” Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.” Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.” Die manne het toe ‘n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ‘n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in hulle oë.”
(Numeri13:26-33)

Read more »

Raat vir verkoues die winter.

Nou in die winter is verkoues een van die goed wat ons nie kan vermy nie. Hier is `n nuttige wenk om kongestie te verlig. Neem `n pot met kokende water en `n paar eetlepels asyn. Asem die stoom van die mengsel in.

Die ander raat is om `n lekker warm bad te vat, en dan om vicks onder die voete te smeer en kouse aan te trek. Dit werk veral goed met kinders. Dit maak die bors en neus oop en laat hulle sommer lekker slaap.

Hoender-en-mielie sop

1 l hoenderaftreksel
1 t sesame olie
1 hoeder fillet, baie dun gesny
2 groen uie, dun gesny
310 g blikkie mieliepitte
310 g blikkie geroomde mielies
1 eetl ligte sojasous
Ekstra groen uie, dun gesny

Bring die aftreksel met die sesame olie tot kookpunt in `n medium pot. Voeg die hoender en uie by. Verminder die hitte en kook stadig vir 5-6 minute tot die hoender sag is. Voeg die mielies by en laat egalig warm word, roer aanhoudend. Geur na smaak met sojasous en swartpeper. Strooi groen uie oor elke porsie met opdiening.

God wys vir ons wonders. Sien ons dit?

Hoeveel keer het jy al gesit en dink. Here, wys my asseblief `n wonder, `n teken. Net iets om my te verseker dat U daar is, dat U bestaan. Dit gebeur gewoonlik in moeilike tye, as ons intense alleenheid ervaar. As dit vir ons voel of God ver van ons is. En hoe dikwels ervaar ons dan geen tekens nie.

Ek persoonlik dink, ons moet die manier hoe ons dink verander. In plaas daarvan om die Here te vra vir wonders en tekens. Hoekom vra ons hom eerder nie om ons oë, ore en harte geestelik te open nie. Ons is geneig om `n kluisenaar bestaan te lewe in ons christelike lewe. Ons praat met niemand oor die dinge van die Here nie. Ons gaan kerk toe en gaan huis toe. Nie een woord word dan gepraat oor die boodskap wat gegee is nie. Ons gaan die week werk toe. Elke dag werk toe en terug. Geen boodskap word oorgedra nie. Soos die liedjie sê: “Jy in jou klein hoekie en ek in myn”. Dis `n kluisenaars bestaan. Read more »

Winter groentesop

1 eetl olyfolie
3 uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekap
1 l groente-aftreksel
2 k tamatiesap
8 klein aartappels, gehalveer
250 g rape, in 2cm blokkies gesny
500 g wortels, in 2cm wiele gesny
4 klein zucchini, in 2cm stukke gesny
6 baba patty pans, gehalveer
1/4 k gekapte pietersielie (plat blaar tipe)

Verhit die olie in `n groot pot oor matige hitte. Kook die uie en knoffel vir 3 minute tot sag, roer gedurig. Voeg die aftreksel, sap, aartappels en rape by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en kook vir 25-30 minute tot die rape sag is. Voeg die res van die bestanddele by. Kook vir 5 minute tot al die groente sag is, roer aanhoudend. Bedien die sop in `n diep sop bord en sit voor met jou gunstelling brood.

Click Here to book the perfect Kruger Park holiday